Sale!

NV September: MURASIE (Sagteband, 384 pg) CHANETTE PAUL

Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel.

Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters – die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste ’n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflê. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy ’n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand – raaiselagtig genoeg, telkens op ’n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar ’n huurpag op ’n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop – nie soseer met geld nie, maar met ’n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug ná ’n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. ’n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.

Lees hierdie boek omdat: In Murasie vervleg Chanette met groot sukses twee verhaallyne; die historiese gebeure wat in die 1870’s afspeel getuig van deeglike navorsing. Haar beskrywing van daardie tydperk, die verhoudings op die plase, vroue se plek in die samelewing, manlike dominansie, ens. is verleidelik goed geskryf; die verhaal herinner soms aan Nora Roberts, ander kere aan TV-sages soos Die Manakwalanners en Konings waar familiestories oor geslagte strek, en elke tweede huis iets het om weg te steek; feitlik elke karakter het ’n unieke stem en ’n komplekse storielyn met genoeg draaie om lesers geïnteresseerd te hou.

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergsedorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinieren ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en hoop sy sien eendag ’n meermin.

CHANETTE PAUL

R329.00

Available on back-order

Description