Site icon Book Hub

Outopsie – Bloed vertel ‘n storie (September 2022, Sagteband, 224 pg) Hestelle van Staden

“Dr. Hestelle van Staden is ’n mediese dokter en forensiese patoloog. Uit die meer as 7 000 outopsies wat sy tot op hede behartig het, is die meerderheid mense aan onnatuurlik oorsake dood. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings wat haar bybly.

Van Staden deel die verhaal van baba Letitia, wie se ma volgehou het dat die kind bloot uit haar stootwaentjie geval het; Die ondersoek na die dood van die reggae-ster Lucky Dube; En die van ‘n swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het.”

Dr. Hestelle van Staden is ‘n forensiese patoloog wat al by die 7000 outopsies gedoen het. Sy het haar eie VIA-program, Outopsie. Die program is baie populer en is vir ‘n derde seisoen hernu. Sy is al in verskeie mediaberigte aangehaal en word as ‘n kenner in haar gebied gesien. Sy woon in Johannesburg.

Ook in Engels beskikbaar – Blood has a voice.

Exit mobile version