Description
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Dis eintlik bloot ’n klein tafelblad-konveksie-oond wat kos vinnig en doeltreffend gaarmaak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem. Alles word in die lugbraaier gaargemaak. Jy sal beslis jou geliefkoosde Suid-Afrikaanse gereg in dié wye verskeidenheid van resepte vind.
Oor die skrywer | Louisa Holst is al langer as 20 jaar bekend as voedselkonsultant, resepontwikkelaar en kosredakteur. Sy het ’n passie vir kos. Haar lewe is om te kook, nuwe geure en smake te ontdek en heerlike, maklike, gesinsvriendelike resepte te skep. Die boek is ook in Engels beskikbaar as The South African Air Fryer Cookbook.