Site icon Book Hub

Willemien – Davelvroue 2 (Mei 2023, Sagteband, 312 pg, Fiksie, Liefdesromans) Chanette Paul

Haat vir die vyand en liefde vir haar taal skrei teen die keuse van haar hart.

Sy’s ’n konsentrasiekampkind. Hy’s ’n Ier, wat vir haar maar dieselfde is as ’n Engelsman. ’n Kakie.

Haar bitterheid kan Willemien nie onderdruk nie. Haat, soms. Hy’s ’n moordenaar van haar mense. Hoe kan sy hom liefhê?

Maar hoe kan sy nie? Aidan Connelly was vir haar voorbestem. Van voor die skepping. So wéét haar hart, haar lyf. Maar haar verstand hou vas aan die onreg aan haar mense, die ellende, die sterftes.

Sy sal Theron kies, taalstryder, patriot.

Maar tweede beste, waarsku dié wat weet haar, bring net hartseer mee. Dit sien sy ook. Sy wéét dat sy vir ewig met die pyn van haar verlies sal moet saamleef. Maar hoe?

Exit mobile version