Sale!

Okt: Verdiende wraak

Die verhaal handel oor die vete tussen twee families ná die Boereoorlog. Die twee families is die Greeffs, wat die hensoppers was en wie se seuns national scouts was, en die
Steenkamps, wat bittereinders was. As jy graag historiese fiksie lees, sal jy in dié soort roman belangstel.

Malene Breytenbach

R275.00 R255.00

Available on back-order

SKU: 9781990968952 Categories: ,

Description

Deel I:

Die boere word verslaan en die oorlog bring verwoesting. Joiners en hensoppers, genoem Judasboere, verraai die bittereinders en loop oor na die Engelse. Kommandant Steenkamp en die Ermelo Kommando stel die jong Nicolaas Greeff, ‘n National Scout, tereg. Dit veroorsaak ‘n vete tussen die Greeffs en die Steenkamps wat tot moord lei. Salomien, ‘n verfynde meisie afkomstig van Pretoria, getroud met die kommandant se seun, kry bitter swaar in die konsentrasiekamp en op die gestroopte plaas. ‘n Engelsman wat die Steenkamps kom help, wil haar uit die lyding verlos.

Deel II:

In die 1990’s publiseer Lood Steenkamp ‘n boek oor die hensoppers en joiners in die Boereoorlog. Dit grief die nasate van die Greeffs, wat lede van die AWB is. Een besluit om op die skrywer wat hulle familieskande geopenbaar het, wraak te neem.