Virus (Sagteband, 116 pg, Kinders – Ouderdom 13+ ) Jaco Jacobs

Met topverkopertitels soos My ouma is ’n rock-ster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is. Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture. Jaco het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien, en bykans ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrifartikels, ’n kinderboekblog, en hy het reeds meer as 200 boeke in Afrikaans vertaal. Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma, en drie honde. Gr 6 – 7 HT / Gr 8 – 9 EAT

R200.00

Available on back-order

SKU: 9780799344592 Categories: , ,

Description

Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef wel, ds die scary deel. Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk. ’n Week gelede was Jake nog ’n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in ’n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld ’n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie. In die tradisie van George A. Romero se Living Dead-kultustreffers en zombieflieks soos 28 Days Later en Resident Evil is Jaco Jacobs se Virus ’n opwindende eerste in Afrikaans – ’n aksiebelaaide kombinasie van wetenskapfiksie-jeugroman en strokieskuns. Deur die oë van die sewentienjarige aspirant-strokieskunstenaar Jake kry die leser ’n blik op ’n nagmerriewêreld waar koerantopskrifte oor biologiese oorlogvoering en onbeheerbare virusuitbrake meteens werklikheid word. Die jong kunstenaar Daniël du Plessis se treffende illustrasies verleen ’n besonderse element aan Jake se belewenis van ’n wêreld wat in puin gelê is. Gr 6 – 7 HT / Gr 8 – 9 EAT