Wanneer gode slaap (Sagteband, 332 pg) Erwin Mortier (outeur); Fanie Olivier (vertaler)

Erwin Mortier Vertaler: Fanie Olivier

R275.00

Available on back-order

SKU: 9781485310754 Categories: ,

Description

Wanneer gode slaap vervat die herinneringe van ‘n ou dame wat die einde van haar lewe voel naderkom. Helena is voor die uitbreek van die oorlog na haar oom se huis in Frankryk gestuur, waar sy gruwelike oorlogstonele teëgekom het. Daar het sy egter ook haar man, die Britse soldaat en fotograaf, Matthew, ontmoet. Helena kyk terug na haar kinderjare, en die mense vir wie sy lief was. Gaandeweg ontstaan ‘n intieme panorama van haar vaderland, België. Hierdie roman is nie oor groot gebeurtenisse tydens die oorlog nie, maar die effek wat dit op ‘n jong meisie gehad het. Dit gee insig en is geskryf met deernis en empatie, in die vorm van ‘n dagboek van een wat die oorlog oorleef het