Wrok (Afrikaans, Paperback)

Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor.

R280.00

Available on back-order

SKU: 9781485903321 Categories: , ,

Description

Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor.

DIE SLAGOFFER EN SY SUSTER
Freya Rust glo sy weet alles van haar tweelingbroer Ben, maar wanneer hy vermoor word, besef sy sy lewe was vol geheime. Sy is vasberade om sy dood te wreek, al kos dit wat.

DIE ONDERWYSER
Rugby-afrigter meneer Oktober het sy hande vol met sy wilde tienerdogter, maar dit is sý duister verlede wat by hom spook wanneer hy snags in Pretoria met ’n gelaaide vuurwapen ronddwaal.

DIE DWELMHANDELAAR
Slick se wrede mentorskap by Mama Afrika leer hom moord en mag loop hand aan hand. Hy regeer sy dwelmkoninkryk met ’n ystervuis.

DIE SPREUDER
Benjamin Rust se moordsaak land op inspekteur Nolwazi Mngadi se lessenaar. In die korrupte slangnes van ’n polisiestasie in Pretoria begin sy met haar ondersoek.

Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? En wat is vergelding se prys? Wrok breek die misdaadroman se reëls en werp lig op die morsige gevolge van verdriet, woede en wraak.