Die Oog (Afrikaans, Paperback)

Die Oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tongin-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery.
Alles is nie pluis in Donkerstroom nie. Die inwoners van hierdie afgesonderde dorpie se daaglikse lewe word gekenmerk deur bygeloof en sinistere rituele wat ontstaan het met ’n gelofte wat ’n groep verhongerde trekkers toentertyd gemaak het. En nou woel die hele dorp in die greep van iets wat onder in Donkerstroom se water ronddraai.

Die onderliggende spanning in die gemeenskap word op ’n spits gedryf en dinge begin roer in die verlore vallei wanneer ’n waterinspekteur uit Johannesburg tydens ’n fratsongeluk vermis raak. Sy kollega, Stefan die wetenskaplike, sou eerder graag wou vlug. Zadie, sy vuurvreter van ’n assistent, se aspirasies om ondersoekende joernalis te speel, kry egter die oorhand. Of miskien is dit die wulpse Ismérie en die melankoliese Lorelei wat Stefan se gewone koelkop besluitneming beduiwel terwyl hulle al dieper in ’n spiraal van geweld ingetrek word …

Anton Krueger, Eben Viktor

R320.00

Available on back-order

SKU: 9781928518280 Categories: , ,

Description