Feniks uit die vlamme – OUT OF PRINT

Kan die geskende goue godin herstel? Sonika Vermeulen, ʼn loopplankmodel, se lewe verander radikaal ná ʼn gaslekkasie tydens haar broer se verjaardagpartytjie, wat haar van haar gesin ontneem en geskend agter laat. Sy probeer die stukke van haar lewe weer bymekaartrek met die hulp van haar beste vriendin, wat haar aanmoedig om weer aan die lewe buite haar woonstel te begin deelneem. Dis by ʼn partytjie van een van haar vriende wat sy die wêreldbekende plastiese sjirurg, dokter Jacques Aucamp, ontmoet. Sonika voel onmiddellik aangetrokke tot hom, maar haar geskende liggaam weerhou haar daarvan om na hom of enige ander man uit te reik. Hy is ook bekend daarvoor dat hy perfeksie in alle vlakke van sy lewe najaag; op professionele en persoonlike vlak. Dit maak hom in haar oë net meer onbereikbaar. Sy ontdek ʼn nuwe wêreld agter die lens van ʼn kamera, en met die hulp van haar vriende beplan sy ʼn nuwe loopbaan. Toeval veroorsaak dat sy en Jacques as gaste na gemeenskaplike vriende se huis in die Kaap genooi word en ʼn verhouding tussen hulle ontstaan. Jacques bied vir haar sy plaashuis op Wellington aan om as fotografiestudio te gebruik en sy stem in. Intussen word Jacques se lewe deurmekaargekrap met die geboorte van sy dogter en selfsugtige afhanklikheid van sy drank- en dwelmverslaafde eksmeisie. Sonika en Jacques se paadjies skei noodgedwonge. Sonika sukkel om geluk uit haar nuwe studio te put – wat uitsluitlik met die helingsproses van vroue met fisiese gebreke en/of beserings werk – deels omdat sy nog nie met haar eie geskende liggaam vrede gemaak het nie, en deels omdat haar liefde vir Jacques dit vir haar onmoontlik maak om aan te beweeg. Sy ontdek dat sy swanger is nadat Jacques reeds weg is maar besluit om hom nie daarvan te vertel nie. Haar vriendinne oorreed haar uiteindelik om haar eie heling te soek in ʼn fantasiefotosessie op die plaas. Jacques daag toevallig by die plaas op tydens die funksie, net betyds om haar die moed te gee om met haar finale transformasie voort te gaan. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Feniks uit die vlamme is Magda Fourie se eerste romanse in die Romanza-reeks.

Magda Fourie

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799399097 Category:

Description