Herfswind – OUT OF PRINT

Laat die anale van die gemeente aandui: Die orrelis dink die dominee is sexy
Mari Pelser is teen die grond. Haar ouers is gelyktydig in ‘n motorongeluk dood en sy moet die pastorie se inhoud oppak om plek te maak vir die nuwe predikant. Sy het nou net een begeerte en dis om weg te kom van haar kleindorpse bestaan op Groeneweide. Die Pelsers het godsdiens in haar keel afgedruk en sy wil niks van hulle soort Christenskap weet nie. Die nuwe dominee daag op met moderne idees en ‘n totaal ander soort bediening van die Woord as haar pa, maar sy gaan nie toelaat dat hy haar bepreek nie, al maak die mooie man haar knieë lam. Intussen doen sy aansoek vir werk in die stad en leef haar uit in haar musiek as orrelis van die kerk en musiekonderwyseres by die skool. Sy kry egter nie die werk nie en intussen kruip dominee Driaan al dieper in haar hart. Daar is egter iets wat die Pelsers al die jare vir haar weggesteek het en toe dit onverwags op die lappe kom, is Mari se lewe weereens omvergewerp. Durf sy op Driaan leun vir ondersteuning en kan sy uitkoms soek by die Hemelse Vader wat hy aanbid?

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Herfswind is Madelie Human se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Held in blou jeans (April 2018),
-Lank, donker en gevaarlik (Februarie 2019),
-Lank, donker en verleidelik (Julie 2019), en
-Lank, donker en dierbaar (September 2019).

Madelie Human

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799398557 Category:

Description