Romanza Omnibus: Hoe diep die liefde lê (Sagteband, 400 pg) Elsa Winckler – out of print

Waar liefde lê … Want daar’s skoenlappers … Heldergeel dag. Sien hieronder vir meer ….

 

Elsa Winckler

R225.00

Out of stock

SKU: 9780799384987 Categories: , ,

Description

Waar liefde lê
Want daar’s skoenlappers
Heldergeel dag

Waar liefde lê: In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs. Tot sy die dag ‘n kollega moet uithelp toe ‘n omgewingskundige ‘n lesing gee. Nie dat dit haar opgewonde het nie want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor ‘groen aktiviste wat bome loop en omhels’ nie. Maar niemand het haar gesê hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oë nie; ook nie dat sy passie veel intiemer kan word as vir ‘n klimekspedisie Kilimandjaro toe, en dat hy nie net bome omhels nie … En niemand het hom gesê Lana het ‘n doodse vrees vir berge nie. Kan twee sulke uiteenlopende mense mekaar vind?

Want daar’s skoenlappers: Gemma is ‘n mediese dokter en Nick ‘n oorlogsfotograaf. Boonop is Gemma se broer met Nick se suster getroud. Maar hierdie twee aangetroude familielede het die talent om mekaar verkeerd op te vryf want kort-kort is daar ‘n uitval. Wat hierdie situasie ietwat eienaardig maak, is dat hulle nie hulle hande van mekaar kan afhou nie en gedurig in mekaar se gedagtes is. Toe Nick saam met ander oorlogsfotograwe in Libië gevange geneem word en Gemma terselfdertyd siek word in Haiti, is dit asof ‘n onsigbare mag hulle na mekaar toe aantrek. Maar of hulle mekaar opnuut die hare gaan invlieg – sou hulle mekaar ooit weer sien – is ‘n ander vraag.

Heldergeel dag: Vir ‘n wynmaker soos Cara is dit sommer ‘n helderblou dag wanneer iets goeds gebeur. En ‘n heldergeel dag wanneer daar nou regtig iets wonderliks gebeur. Maar met haar vriendin se broer Henry in die omgewing kan die geelste dag vaal word. In al die jare sedert sy hom leer ken het, kon hulle mekaar nie verdra nie. Of dink hulle net so omdat hulle eintlik te veel van mekaar hou? Maar net toe dit begin lyk asof sake duideliker word, kom hy met ‘n lys verskonings oor hoekom dit nie tussen hulle sal werk nie. En Cara het nou genoeg hiervan gehad. Laat hy net weer naby haar kom!