Oudit op haar hart

Tyd kan nie teruggedraai word nie, maar ʼn paartjie kán tog oor begin Luzaan en Jacques was jare gelede in hulle matriekjaar in ʼn verhouding. Pas nadat sy haar maagdelikheid aan hom geskenk het, het hy haar soos ʼn warm patat laat staan en Luzaan was die groot bespotting van haar skoolvriende. Wat Luzaan nie geweet het nie, is die feit dat Jacques se ma destyds ʼn ultimatum aan hom gestel het: Hy laat staan vir Luzaan of sy sal sorg dat Luzaan se toekoms verwoes word. Nou is dit sewe jaar later en Luzaan is aan die vooraand om vennootskap in ʼn ouditeursfirma te kry. Jacques kontak haar werkgewer en Luzaan moet teen wil en dank as deel van ʼn ouditspan na Jacques se vakansieoord gaan. Omdat sy bang is dat hy sal agterkom dat sy steeds nie van hom kon vergeet nie, oortuig sy haar ouditmaat, Marko, om haar te help om voor te gee dat hulle in ʼn verhouding betrokke is. Dinge boemerang vinnig, want Luzaan se hart behoort nou maar eenmaal aan Jacques. Bo en behalwe vir die feit dat Jacques se ma steeds soos ʼn rots tussen hulle staan, is daar nog Brittany du Preez om mee rekening te hou en dan raak Marko óók nog verlief op Luzaan! Tog kry hulle dit reg om die verlede agter hulle te sit en alle struikelblokke te oorkom, want die liefde seëvier altyd. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Oudit op haar hart is Antoinette Venter se eerste romanse in die Romanza-reeks. Ander titels wat sy onder die RomanzaLiefde-druknaam uitgegee het sluit die volgende in: -Bie op haar hart (Junie 2018), -Val vir sy hart (Januarie 2019), en -Salf vir haar hart (Junie 2019).

Antoinette Venter

R95.00

SKU: 9780799399127 Categories: , ,

Description