Tussenganger

Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: Duidelik is Tussenganger die werk van ʼn digter wat in die volle krag van sowel sy eie kreatiewe denke as vakkundige vernuf staan. Dit is ʼn digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings. Genadelose poësie, inderdaad, en by uitstek hermeties van aard met geen “gemaklike” toegewing aan die leser óf die aangesprokene nie. Trouens, nog selde was TS Eliot se uitspraak “Genuine poetry moves before it is understood” só van toepassing as met hierdie gedigte.

Marius Crous

R250.00

Available on back-order

SKU: 9781485310884 Category:

Description