Verskuilde verse

Hierdie bundel spreek van ‘n diepgaande wetenskaplik-filosofiese insig oor die ontstaan van die kosmos en van die mens op hierdie planeet. Al die gedigte in die bundel berus egter nie op boustene uit die fisika nie. In die ses afdelings word gevoelige en diggekomponeerde gedigte geskep oor die wese van ‘n gedig, oor die man-vrou-interaksie, oor die soeke na begrip oor bestaan, en oor die godheid wat agter die materiële skuil. Die sesde en laaste afdeling is Aandwoorde. In ‘n gedig wat oor beurtkrag handel, word die lig gedoof. Al wat oorbly, is die flikkering van ‘n kers vir die maak van ‘n laaste vers. Die lewensloop word voltooi.

Hierdie bundel is ongewoon in dié opsig dat die digter meesterlik daarin slaag om die wetenskap te benut ten einde poësie te dien en te word. Voorts is die enkele eie Engelse gedigte indrukwekkend. Die bundel in sy geheel getuig van kohesie en fyn ontwerp.

Hennie Smith

R175.00

Available on back-order

SKU: 9781928518150 Categories: , ,

Description