Kominpas met afrikaans: Eerste Addisionele Taal (GR 4-7)

Die handleiding is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik. Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literere begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. Afdeling A bevat ’n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm ’n eenheid. Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word. Afdeling C is ’n opsomming van die letterkundige en poetiese aspekte, wat as naslaanbron gebruik kan word. Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word. Die handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reels maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die handleiding is ook ‘n gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks skool toe te bring.

C. de Villiers L. Rautenbach

R320.00

Available on back-order

SKU: 9780799371574 Categories: ,

Description