SuperRomanza: Skakerings van Liefde (Sagteband, 304 pg) Madelie Human – out of print

Een misstap jare gelede het beteken dat Nadia waarskynlik nooit haar enigste kind sal kan vashou en hoor hoe hy haar mamma noem nie. Só het sy gedink, tot sy ‘n besigheid op Fynbos begin en haar seun op rolskaatse weer sy verskyning in haar lewe maak. Maar hierdie seun van haar het reeds ‘n pa, al is hy sy aanneempa.

Dat hy onlangs ‘n wewenaar geword het, is nie regtig hoopvol nie. Wie sal hom kwalik kan neem as hy agterdogtig – selfs vyandig is – as hy moet uitvind hoe Nadia by hierdie oulike seuntjie van hom betrokke is? Toe die wind draai, twyfel sy nie. Dat sy die kans van haar lewe gaan aangryp om haar kind terug te kry is nie altemit nie. Net sodat ‘n nuwe onsekerheid aan haar kan begin vreet. Hoe weet ‘n vrou of ‘n man in haar as vrou of net in haar as die ideale ma vir sy kind belang stel?

Meer nog, is lyflike begeerte liefde? Want ‘n vrou wil nou eenmaal die l-woord hoor voor die huweliksformulier gelees word.

Madelie Human

R165.00

Out of stock

Description