Offers vir die vlieë (Ouderdomsgroep 17+)

Hierdie is ‘n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.

Fanie Viljoen

R225.00

Available on back-order

SKU: 9780639601779 Categories: , ,

Description

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie… Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ‘n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front. Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig. Wie van hulle lieg? Wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Hierdie roman kan beskryf word as ‘n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in ‘n lang tyd in Afrikaans gelees het.” Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is ‘n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.