Zackie Mostert 17 slaan ‘n ses (Sagteband, Herdruk, 48 pg, ouderdom 9+) Jaco Jacobs

Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat.

Jaco Jacobs

R150.00

Available on back-order

Description

Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat.
Wel, nie heeltemal nie …
Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly!
En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends …

Zackie Mostert slaan ‘n ses
Die krieketseisoen is hier!
Zackie en Vincent sien baie uit na die krieketkliniek.
Hulle gaan ‘n hele week lank leer om soos kampioene te kolf, briljant te boul en fantasties veldwerk te doen!
Maar Anton is vasbeslote om vanjaar die beste speler in die krieketspan te word.
Anton is nie verniet die grootste boelie in Granaatstraat nie. Toe hy ‘n nare poets op Zackie bak, loop dinge lelik skeef. En dit lyk sowaar of Vincent se vreemde, krieketmal oupa dalk hulle enigste hoop is om uit die penarie te kom …

‘n Humoristiese, toeganklike reeks boeke geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.