Ken & Verstaan Lewenswetenskappe Leerdersboek Graad 11

Ken & Verstaan Lewenswetenskappe Graad 11 is deur ‘n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).

R320.00

Out of stock

Description

Ken & Verstaan Lewenswetenskappe Graad 11 is deur ‘n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie nuwe en toeganklike reeks sal leerders help om die inhoud van en vaardighede vir Lewenswetenskappe baas te raak. Die omvattende Leerdersboek bied ‘n uitgebreide inhoudsblad wat uiteensit hoe die KABV in elke eenheid gedek word, lei elke module in met ‘n geheuekaart wat ‘n oorsig bied oor die inhoud van die module, bevat aktiwiteite wat daartoe bydra om leerders se wetenskapkennis en -vaardighede te ontwikkel voorsien formele assesseringstake om leerders se insig te toets. Die Leerdersboek verbind wetenskap met die alledaagse lewe met die hulp van gevallestudies en slaag so daarin om sensitiewe kwessies op ‘n gebalanseerde wyse aan te spreek en bevat Inligtingsflitse met interessante brokkies asook Notaflitse wat belangrike inligting onder die leerder se aandag bring.