Site icon Book Hub

Oxford Suksesvolle Besigheidstudies Graad 10

Oxford suksesvolle besigheidstudies is ‘n besigheidstudiekursus wat deur onderwysers regdeur Suid-Afrika vertrou en gebruik word. Die ryk, relevante inhoud dek die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) ten volle en verseker dat leerders regdeur die jaar belangstelling behou. Kenmerke: onderwerpe is volgens die KABV gestruktureer, wat die kursus maklik maak om in die klaskamer te gebruik; omvattende taalsteun in saketerminologie help leerders om die kernbegrippe van besigheidstudies te verstaan; relevante en bygewerkte gevallestudies en voorbeelde verryk die inhoud; assessering word deurgaans sorgvuldig ondersteun om ‘n suksesvolle jaar vir die leerder te verseker; steun met eksamens is by elke aktiwiteit, hersiening, oefentoets en oefeneksamen ingebou om leerders vir formele assessering en eksamens voor te berei.

Exit mobile version