Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback)

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

R305.00

Available on back-order

SKU: 9780795708701 Categories: , ,

Description

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?