‘n Tuin vir Tessa

Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?

Helena Hugo

R280.00

Out of stock

SKU: 9780796321084 Category:

Description

Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?

Ná ‘n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik het Altus ‘n besigheid wat veevoer en ander boerderybenodigdhede verskaf. Later neem hy ‘n vennoot in en begin ‘n ruitertuigbesigheid. Vir ‘n ruk lank gaan dit goed, maar later moet Altus dit waag dit om naas ruitertuig steeds ook veevoer in en uit te voer. Die een ramp na die ander tref hom en sy versekering moet groot bedrae uitbetaal vir skeepsvragte wat óf sink, óf besmet is en by doane afgekeur word. Met ‘n skok ontdek hy dat Drikus hom besteel. Skuld hoop op nadat hy reeds verbande op sy huis en kleinhoewe geneem het om die besigheid se begroting te laat klop. Dit gaan so sleg met dat die besigheid onder sekwestrasie geplaas word, maar hy skop vas, verkoop sy kleinhoewe en leen nog geld teen hoë rentekoerse.

Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Dit gaan sleg. Die tuiewinkel brand af, nalatigheid word vermoed, die versekering wil nie betaal nie, nog ‘n vrag voer word afgekeur en die bank dreig om die huis terug te neem. Alles word te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Nie net sekwestrasie nie, bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Hulle besluit om ook die seehuis in Hermanus in die mark te sit en gaan vir oulaas vakansie hou.

Die geskinder raak ondraaglik, selfs by die kerk word hulle skeef aangekyk of oordrewe vertroos. Altus wat a.g.v. rumatiekkoors as kind hartprobleme ondervind het, word siek en stort ineen. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen a.g.v. Altus se siekte. Haar beste vriendin Elaine Theunissen en dié se vervreemde man dr. Gerhard Theunissen, staan hulle by. As troos bring sy ook vir dominee Dieter saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in en word daar ook vir die gesin gratis huisvesting aangebied, in ‘n tuinwoonstel omring deur ‘n pragtige tuin. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.