Om Weer Te Droom, reeks 2 (Afrikaans, Paperback, 176 pg) Elsa Winckler

Nagmerries word soms mooi drome Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen – al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm haar broer Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek. Hierdie inspirerende verhaal ondersoek die impak van trauma en beklemtoon die belangrikheid van hoop en drome. Dit is die tweede titel in die reeks en word voorafgegaan deur Ware noord.

Elsa Winckler

R190.00

Available on back-order

SKU: 9780639605494 Categories: , ,

Description