Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback)

Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’.

R295.00

Available on back-order

SKU: 9780799378559 Categories: , ,

Description

Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat ‘n mens ‘n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?