Vonken Staal (Afrikaans, Paperback)

Duikboot Johnson is ’n swerwer op ’n wraaktog wat vir jare die droë vlaktes van Die Republiek telkemale oorkruis het in sy soeke na die berugte leier van die Vuil Uile, Pappa Gevaar.

 

R250.00

Available on back-order

SKU: 9780620790031 Categories: , ,

Description

Duikboot Johnson is ’n swerwer op ’n wraaktog wat vir jare die droë vlaktes van Die Republiek telkemale oorkruis het in sy soeke na die berugte leier van die Vuil Uile, Pappa Gevaar.

Sy obsessie het hom na die stowwerige dorp, Arkadia, gelei en dit is hier waar hy sy beste leidraad in jare ontdek. Maar sy gedobbel teen gevoelens, en sy liefde vir boesems en biere, ontvlam die gevare wat dreig om sy staal te buig.

Vonken Staal is ’n ontploffing van aksie, romanse, grillings en trillings, kaal staal, dansers om ’n paal, en donnerboere op vuistogtoere. Dit is die Afrikaanse verhaal wat Afrikaans praat.