Die dag toe ons Krismis gaan soek het (Fiksie – Kortverhale)

Hierdie is opregte, uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories.

Wini Esterhuizen

R285.00

Available on back-order

SKU: 9781485311409 Categories: , , ,

Description

Hierdie is opregte, uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Dit herinner aan Dana Snyman in die opregtheid en eenvoud daarvan en die nostalgie wat dit oproep. Klein Wini is ‘n ‘ouderwetse’ kind en gaan op vyf skool toe, waar sy die meeste van teken hou. Sy wens sy was so mooi soos Marlene Dumas, wat in dieselfde skool was. Maar sy het rooi vlegsels en sproete soos Pippie Langkous. Sy praat te veel en noem ‘n ding by die naam. Sy word gestraf omdat sy tieties op ‘n papierpop teken. Sy het ‘n hart vir hoenders. Sommige stories is oor mense wat sy raakgesien of verbeel het. Die verhale word gekenmerk deur humor en deernis en ‘n oog wat nie wyk nie, wat immer die ironiese besonderheid waarneem.