Die onwillige strooimeisie – OUT OF PRINT

Zita vra die onmoontlike van Anja. Om haar strooimeisie te wees is een ding, maar om darem in haar vriendin se afwesigheid vir Alec, Zita se verloofde, te moet help met hulle troureelings, is hopeloos te veel gevra. Want wat Zita nie weet nie, is dat Anja ook haar hart op Alec verloor het.

Alma Carstens

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799396676 Category:

Description

Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie
Zita vra die onmoontlike van Anja. Om haar strooimeisie te wees is een ding, maar om darem in haar vriendin se afwesigheid vir Alec, Zita se verloofde, te moet help met hulle troureelings, is hopeloos te veel gevra. Want wat Zita nie weet nie, is dat Anja ook haar hart op Alec verloor het. Alec is ‘n werkolis wat meeste van sy tyd op kantoor bestee, maar Zita oortuig hom om Anja te help om hulle troue te reël terwyl sy vir nege maande Londen toe gaan. Hy stem teensinnig in, maar sou nooit kon raai tot watter uiteinde hierdie besluit sou lei nie.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Die onwillige strooimeisie is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
• Lenteliefde (Februarie 2018),
• Somersprokie (Julie 2018),
• Winterdroom (Oktober 2018), en
• Liefde uit Italië (Junie 2019).