Helende liefde

Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word

Anna Penzhorn

R300.00

Available on back-order

SKU: 9780799383515 Categories: , , ,

Description

Andrea Basson se lewe verander onomkeerbaar toe sy met die ondenkbare gekonfronteer word. Ná dertien jaar van getroude lewe met Dewald, die liefde van haar lewe, ontdek sy hy is ‘n rondloper. Sy maak kennis met die slinksheid van ‘n Jesebel en gaan deur al die fases van ‘n vrou wat owerspel eerstehands beleef – ontkenning, verwerping, woede, wraak en intense hartseer. Die pad na herstel is lank, uitdagend en vol slaggate. Maar die storm staan nie stil nie en sy kom ook nie dieselfde mens anderkant uit nie. In die proses ontdek sy ook heling lê daarin om na ander in nood uit te reik. Egskeiding verwoes, maar die liefde maak heel. Oor die skrywer Anna Penzhorn is die skrywersnaam van Anni Niewenhuis. Helende liefde is haar 44ste boek. Sy bly op Modimolle, maak graag tuin, luister na klassieke musiek en is ‘n kompulsiewe leser. Sy het ‘n passie vir skryf, om haar lesers te laat ontvlug en telkens die liefde opnuut te laat ervaar. Sy beskou verhale waarin die liefde tussen man en vrou sentraal staan as ‘n positiewe en helende krag. In 2000 het sy die eerste LAPA-liefdesromantoekenning ontvang vir Gesteelde liefde en in 2004 vir Hart van ‘n held. Pryswoorde Chanette Paul, LAPA se manuskripontwikkelaar, sê: “Wat ‘n heerlike, deurleefde manuskrip! En boonop so vlot geskryf en goed versorg. Anni lewer hier werk van uitstekende gehalte. My hart wou breek vir Andrea. Ek het saam met haar swaar gekry. Haar seerkry het in my geëggo, haar verwarring en die ontreddering wat sy voel, het my diep ontroer.” Jeanette Ferreira, teksredakteur sê: “Hierdie is knap hantering van ‘n sensitiewe tema deur ‘n ervare skrywer van romanses en liefdesromans. Die leser lag en huil saam met die hoofkarakter, word op ‘n reis geneem wat emosionele geweld in sy rouste vorm uitspel. Maar Andrea kies die pad wat na heelheid en uiteindelik ook ‘n nuwe liefde lei. Anna Penzhorn het ‘n fyn aanvoeling vir die psige van die vrou en die verwikkeldheid van verhoudings.”