Optelgoed is trougoed – OUT OF PRINT

Soms vind mens die regte ding op die verkeerde plek Liam de Wet is ʼn wêreldbekende skrywer wat saam met sy reddingsoekhond, Rio, al ʼn hele paar reddingspogings oor die wêreld uitgevoer het.

R95.00

Out of stock

SKU: 9780799396850 Category:

Description

Soms vind mens die regte ding op die verkeerde plek Liam de Wet is ʼn wêreldbekende skrywer wat saam met sy reddingsoekhond, Rio, al ʼn hele paar reddingspogings oor die wêreld uitgevoer het. Hy word gevra om een middag ʼn meisie op te spoor wat deur haar kêrel in die Drakensberge agtergelaat is. Liam ontferm hom oor Maryn wanneer hy haar vind, hospitaal toe neem en uitvind dat sy harsingskudding en gekraakte ribbes opgedoen het. Hy neem haar terug na sy huis om haar te help gedurende haar herstelproses en raak stadig maar seker meer as net haar opasser. Die boek is effens anders in die sin dat die verhaal uit die held se oogpunt vertel word. Ná matriek het hy en sy vriend by die Franse Legioen aangesluit en was hulle vir vyf jaar oor die wêreld heen ontplooi, waarvan hulle ʼn groot deel in die Amasone-woud in Frans Guinee en in Afrika deurgebring het. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Optelgoed is trougoed is Nerine le Roux se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: • Die meisie van die rots (Maart 2018).