Romanza: Die Liefde vir ‘n dromer OUT OF PRINT

Hierdie boek vorm deel van die suksesvolle Parker-reeks.

Didi Potgieter

R95.00

Out of stock

SKU: 9780639605173 Categories: ,

Description

Petri is ‘n bofbalspeler in New York en Katryn is ‘n plaasmeisie wat haar stiefpa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament. Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker! Petri moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy hom heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir ‘n nuwe een nie … Hierdie boek vorm deel van die suksesvolle Parker-reeks.