Site icon Book Hub

Siende Blind (Afrikaans, Paperback)

Op ‘n Sondagoggend terwyl Cara en Paul van Dijk ontbyt maak, vra Cara haar man en sielsgenoot van twintig jaar waarom hy die afgelope tyd so stil is.
Sy antwoord is sielsverbryselend. Maar as Cara gedink het dis die einde van alles wat vir haar betekenis inhou, het sy dit mis.

Dis bloot die eerste tand van die duiwelsvurk wat die veilige kokon van haar lewe deurboor.

Exit mobile version