Wilna Adriaanse Omnibus 2

Wilna Adriaanse

R260.00

Available on back-order

Description

‘n Heildronk op die liefde
Serenade vir ‘n nagtegaal
Hande wat heelmaak

In ‘n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies; daarom wou Nicolene nooit ‘n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar.

In Serenade vir ‘n nagtegaal is sang Ann se hele bestaan, en haar sangdosent, Carl, is die liefde in haar lewe. Maar dan verbreek hy hul verhouding net wanneer sy op vertrek staan na Europa. En nou verskyn daar ‘n donkerkopman op die toneel . . .

En in Hande wat heelmaak keer Libby terug na haar tuisdorp om as fisioterapeut te werk. Daar maak sy kennis met ‘n jong pasiënt wie se ouers verongeluk het. Sy oom Andrew moet vir hom sorg. As tiener was Libby verlief op dié man, maar nou het hy stug en afgetrokke geword. En tog, soms kan ou gevoelens herleef.