Sale!

Romanza: Sterrekyker

Frieda van der Westhuizen

R95.00 R89.00

SKU: 9780639605616 Categories: , ,

Description

Hy besit al die eienskappe wat Tharien nie in ‘n man wil sien nie. Roekeloos. Geen ambisie. Vrygees. Dit is beslis nie eienskappe wat Tharien in ‘n man wil hê nie. Wel, eintlik weet sy nie, want Rudolf was nie een van daai dinge nie en hy het haar verneuk. Sy is seker van een ding: Heinrich Vermeulen mag dalk soos ‘n Noorse god lyk en soene steel, maar hy is nie die een vir haar nie. Hy is net te wild, bly in ‘n woonwa en wanneer sy om hom is, voel sy nie soos haar stabiele en verantwoordelike self nie. Dit word gou duidelik dat dit nie maklik gaan wees om Heinrich te vermy nie, en sy moet kophou om nie haar gevoelens vir so ʼn onvanpaste man te laat handuit ruk nie. Maar hulle storie is blykbaar reeds in die sterre geskryf …