Christiaan Rudolph de Wet: Krygsman en volksman (uit druk)

Die outeur slaag daarin om genl. Christiaan Rudolph de Wet as mens voor te stel. Met empatie beskryf hy hierdie vasberade leier se prestasies, mislukkings, vreugde en teleurstellings. De Wet is in 1854 in n hartbeeshuisie gebore. Vroeg in sy lewe is hy al bekend vir sy beginselvastheid. Op n jong leeftyd is hy betrokke by die politiek van die nog nuwe Republiek van die Oranje-Vrystaat. Tydens die Anglo-Boereoorlog verwerf hy bekendheid as die generaal wat nie op die kantlyn staan en bevele skree nie, maar tussen sy manskappe die spervuur trotseer. Ten spyte van sy vinnige humeur en kwistige aanwending van die kweperlat, onthou diegene wat onder hom geveg het hoe hy sy verstand en energie ingespan het om vir sy volk n toekoms te beding. Di Boeregeneraal se menslikheid blyk ook wanneer hy sy foute erken. Hy, pres. Steyn en ds. Kestell het bekend gestaan as die Driemanskap. Sy teleurstelling toe die Vrede van Vereeniging onderteken word, toon hoe diep sy liefde vir sy mense gel het. Op 60 rebelleer hy teen die regering se besluit om Duitswes binne te val en lei n kommando op die spoor van genl. Manie Maritz, maar word gevange geneem en dien tronkstraf uit. N sy vrylating word hy vinnig oud, maar sterf tevrede dat hy sy deel vir land en volk gedoen het.

R225.00

SKU: 9781869191726 Categories: ,

Description