Sale!

Johanna Brandt En Die Kritieke Jare in Die Transvaal 1899-1908 (Sagteband, 120 pg) Rita van der Merwe

Daar bestaan min twyfel dat die mense wat die Anglo-Boereoorlog en die naoorlogse tydperk beleef het, veelbewoe maar ook avontuurlike jare meegemaak het. Aan die heldetydvak kan Johanna Brandt se naam gekoppel word. Sy was ‘n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Sy het haarself gesien as lid van die “aristokrasie van die volk”. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word ‘n skuilplek vir boerespioene. Vir ‘n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou ‘n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van ‘n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou. In later jare geniet sy groot bekendheid as die skryfster van Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappie Kommando (1913). Hierdie studie handel in hoofsaak oor Johanna se wedervaringe in haar twintigerjare, alhoewel sy byna 88 jaar oud geword het.

Rita van der Merwe

Original price was: R260.00.Current price is: R129.00.

Available on back-order

SKU: 9781919825205 Categories: ,

Description