Sale!

HS: Mosaiek vir Jou Tuin – 25 Stap vir Stap Projekte (Sagteband, 128 pg) Becky Paton

Becky Paton

Original price was: R210.00.Current price is: R89.00.

Available on back-order

Description

Flatervrye mosaïek projekte soos plantbakke, meubels en ornamente vir jou tuin
• Van eenvoudige projekte soos sierpanele tot ’n sprankelende waterverfraaiing en ’n mosaïektafelblad

• Uitvoerige bespreking van tegnieke, volledige aanwysings, patrone en wenke om ’n professionele afwerking te verseker

Mosaïek is ’n een van die duursaamste kuns vorme in die wêreld, wat dit perfek maak om die ruimte buite jou huis te versier. Die projekte in Mosaïek vir jou tuin is geskik vir alles, van ’n klein terras tot ’n groot tuin en wys jou hoe om jou buitenshuise ruimte op die mees bekoorlike, unieke en blywende manier te versier.

Die uitgebreide tegniek-afdeling toon hoe om die regte teëls vir jou omgewing te kies, asook hoe om dit te gebruik. Die groot verskeidenheid teëls wat vandag in die handel beskikbaar is, is beter as ooit tevore en hierdie boek benut dié skatkis nuwe materiaal, onder andere versierde teëls, of selfs goedkoop (dog outentieke) bladgoudteëls ten volle. Namate jy vorder, kan jy jou kreatiwiteit ontwikkel met wenke vir bypassende teël- en kleurskemas wat jou in staat stel om die projekte effektief aan te pak en kunswerke te skep wat heeltemal eie is aan jou en jou tuin.

Al 25 projekte is geskik vir beginners en strek van eenvoudige dekoratiewe stukke, soos die betowerende kindervoetspore en skoenlapperklippe, tot praktiese en stewige weerbestande stukke soos die geruite trompe l’oeil-tafelblad en bekoorlike plantbakke wat veral in die vaal wintermaande sal bydra tot die kleur in jou tuin. Sommige projekte, soos die kershouer, kan binne twee uur voltooi word.