Philippolis

Jens Friis se boek Philippolis is op die rak. Naomi Meyer het met hom gesels.

Jens Friis

R450.00

Available on back-order

SKU: 9789000037209 Categories: ,

Description

Jens Friis se boek Philippolis is op die rak. Naomi Meyer het met hom gesels.
Het jy as joernalis/fotograaf ‘verantwoordelik’ gevoel om hierdie boek uit te bring?
Ek het nog nie só daaraan gedink nie, maar seker, ja. Soos Hasari Pal in The City of Joy aangehaal word: ‘All that is not given is lost.’ Ek wou nog altyd ‘n boek van dié aard oor Philippolis lees. Pieter Fourie, die Hertzog-pryswenner, skryf op die binneflap van die boek: ‘Ek kan aan niemand dink wat meer geskik sou wees om hierdie boek te skryf nie. Jens Friis is ‘n boorling uit ‘n geliefde onderwys-gesin van hier. Hy is by uitstek navorser, fotograaf, (reis-)joernalis en kanoniseerder van sy heimat.’ Fourie reken die boek gee ”n helder beeld van Philippolis met deernis, agting en prikkelende inligting’. Mag lesers dit so ervaar!
Waarom het jy hierdie boek oor ‘jou’ dorp geskryf?
Perspektief beteken dat iets kleiner word soos dit in die ruimte wegbeweeg, maar in die skryf van (dorps)geskiedenis word dinge gewoonlik kleiner terwyl dit nog naby aan jou beweeg.
‘n Profeet word dikwels nie in sy eie land geëer nie. So kon ek hulde bring aan Philippolisers wat nog leef en diep spore oor dekades heen hier getrap het. Die boek is opgedra aan my ouers, Jens (77) en wyle Naómi Friis. Verder is die vroeë geskiedenis van Philippolis reeds goed geboekstaaf, maar bitter min van die latere gebeure is al geboekstaaf. My boek probeer iets hiertoe bydra.
Oor hoe lank is die boek geskryf?
Oor slegs drie maande, want dit moes gereed wees vir ‘n dorpsfees in Philippolis. Dit was ‘n ideale afsetpunt vir boeke, want die drukkoste van so ‘n koffietafelboek (260 glansbladsye gehul in ‘n hardeband) is hemelhoog.
Hoeveel speurwerk het dit geverg?
Ten spyte van ‘n druktyd wat vanaf die begin op die horison gewink het, het die boek gelukkig maklik gekom weens ‘n onblusbare passie vir my geboortewêreld waarvan ek ‘n deurgronde kennis het én ‘n onuitputbare bron van foto’s – tot so ‘n mate dat ek maklik nog ‘n boek oor Philippolis en die Suid-Vrystaatse Karoo die lig sou kon laat sien. ‘n Wonder van die heelal is dat dit so kompleks is dat jy nooit ‘n volkome greep op ‘n onderwerp sal kry nie. Delf egter, en daar kom altyd nog vondste na vore.
Watter rol speel die foto’s en uitleg in die sukses van die boek?
Mense word al hoe meer visueel. Hulle wil nie meer net lees nie. Daarom het ek ryklik gebruik gemaak van kleurvolle foto’s op goeie papier – iets wat grootliks ontbreek in ander boeke oor Philippolis. Sonder my broer, Nico, sou dié boek nie die lig kon gesien het nie. Hy is aan die voorpunt van digitale bemarking in Engeland en kon goed ingespan word met die uitleg van die boek. Nes met die daarstel van ons Groenhuis-gastehuis (www.philippolis.co.za) in Philippolis is die Friise se belangstellings gelukkig so uiteenlopend dat dit die eindproduk voed.