Smarties Vir Die Siel (Afrikaans, Paperback)

Susan Coetzer

R140.00

Available on back-order

SKU: 9781432207892 Categories: , ,

Description

Susan Coetzer wys jou dalk elke slegte situasie ‘n lekkerte ook het, met haar Bybeldagboek oor Smarties.

Geen pakkie Smarties sal ooit weer dieselfde proe na Smarties vir die Siel nie! Dié geliefde, helderkleurige, mini tjoklits is van groter waarde vir vroue as net kortstondige plesier op die tong.

Elke Smartie-lekkertjie het ’n harde buitekant en ’n sagte binnekant. Om by die sagte tjoklit hart te kom, moet ’n mens eers die harde rand verwyder … Net soos in Esegiël 36:26-27 waarin God belowe dat Hy die kliphart uit ons liggaam sal haal en ons ’n hart van vleis gee.

Die klipharde kant van ’n Smartie dui op al die blokkasies van mense se kant af na God se sagte tjoklithart. Die 8 kleure is simbole van die twee kante van die menshart: die klipharde sondige kant wat Hy wil verwyder met Sy Gees, asook die sagte Goddelike kant waar Hy teenwoordig is.

Susan Coetzer vermeng op haar unieke manier insigte oor God met praktiese voorstelle, jumor met vertellings uit haar eie struggle met haar sondige natuur. Bowendal bemoedig sy vroue wat met al die uitmergelende eise van die wêreld stoei, met haar vordering en oorwinning onder Sy Leiding.