Voor-bode

Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Die tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die mrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar duister soos n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat. Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig In die begin . Hier, waar misteries teen die wand flikker, het die spreker reeds voorspooksels gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wreld te verken, sy ervarings op te teken en n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorlo, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermons net ten dele is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van n geknakte liggaam tot die volheid my / onverhoeds verras. Die bundel bevat n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.

R180.00

Available on back-order

SKU: 9781485305422 Category:

Description