Die wit Boesman (Sagteband, 224 pg) Peter Stark

Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy ‘n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.

Peter Stark

R280.00

Available on back-order

SKU: 9781869191535 Categories: , ,

Description