Van Ongenooi Na Ingenooi (sagteband, 232 pg) Maretha Maartens – OUT OF PRINT

Van ongenooi na ingenooi is werklikheidsfiksie gebaseer op die ware verhaal van trauma en verlies en uiteindelike aanvaarding in die lewe van ‘n jong vrou en haar gesin. Dit is ook die verhaal van ware vriendskap. Ná ‘n besoek aan ‘n chirurg word ulseratiewe kolitis by Tanja gediagnoseer en sy moet hoor dat dit reeds haar rektum en kolon aangetas het. Die dokter hanteer egter nie die saak as spoedeisend nie, verseker haar dat sy maar kan gaan vakansie hou. Die uiteinde is katastrofies. Tanja se kolon perforeer en sy sterf byna aan inwendige bloeding. Tientalle besoeke aan die hospitaal volg en sy moet vir die res van haar lewe met ‘n stomasak saamleef. Ná haar ontslag besef en ondervind sy watter letsels die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam en emosies laat. Van ongenooi na ingenooi is ‘n boek vir:

• Vroue op die eensame reis wat in Noodgevalle of ‘n onkologiekliniek begin het, waarna jy met jouself, God en jou medemens moet gaan saamleef
• Dié wat al deur groot trauma moes gaan, asook hul gesin en veral vir hul lewensmaat.
• Lesers wat hulle in ‘n “nuwe normaal”bevind – in ‘n liggaam wat waarskynlik nooit weer soos vroeër sal lyk of wees nie
• Die lewensmaats van vroue soos Tanja, asook die familie en vriende van ernstig siek mense

In Van ongenooi na ingenooi word hoop, innerlike genesing en die onfeilbare trou van die Drie-enige God verwoord. In hierdie ware liefdesverhaal reis jy saam van ongenooi na ingenooi.

Maretha Maartens

R180.00

Out of stock

SKU: 9781415341940

Description