Sale!

AFTREDE SE GAT ! ONTDEK JOU WARE NOORD SO VROEG MOONTLIK (Sagteband) Dr Johan Coetzee

Hierdie boek is ‘n praktiese reis om die leser te neem van gegrief en verontrief oor uitdagings soos aftrede, afleggings ander soortgelyke uitdagings, tot ‘n beter verstaan van die leser self, wat sy uitdagings is, en wat daaromtrent gedoen kan word. Inhoud en tegnieke is verpak in ‘n maklike verteerbare vorm om die leser weer op koers (Ware Noord) te plaas.  Lees meer hieronder.

Dr Johan Coetzee

R250.00

1 in stock

Description

Ons lewe vandag in ‘n wêreld waar verandering deurlopend, brutaal en deurtastend is van elke aspek van ons lewens. Al ons goed gesmede planne kom baie keer tot niks, en nie noodwendig deur eie toedoen nie. Bykans
95% van alle werkende mense kan nie finansieël onafhanklik aftree nie, wat tot desperaatheid lei, want baie min mense weet hoe om hierdie brug na sy/haar derde lewe oor te steek. Aftrede se Gat vul hierdie gaping. Om balans en betekenis te herwin sal elke leser ‘n reis deur hierdie baie praktiese boek onderneem om met verskeie (potensieel) beperkende aspekte van die lewe te stoei, besluite te neem, en hom of haarself uiteindelik herdefinieer – sodat ‘n meer betekenisvolle en vervullende derde lewe gelei kan word. Elkeen van ons het die reg op ‘n betekenisvolle en vervullende lewe, maar dit is ook elkeen van ons se verantwoordelikheid om iets daaromtrent te doen. Hierdie boek is die hulpbron wat jy nodig het.