As sy weer kom (Sagteband, 98 pg) Marlize Hobbs

Marlize Hobbs se jongste roman raak roerende temas aan. Iza is ‘n lesbiese vrou en die leser volg haar soos wat sy die herinneringe van haar kindertyd en haar daaglikse ervarings in fyn besonderhede deel. Lees meer hieronder.

Marlize Hobbs

R200.00

Available on back-order

SKU: 9781928426202 Categories: , ,

Description

Marlize Hobbs se jongste roman raak roerende temas aan. Iza is ‘n lesbiese vrou en die leser volg haar soos wat sy die herinneringe van haar kindertyd en haar daaglikse ervarings in fyn besonderhede deel. Sy probeer sin maak van die lewe en span verskeie oorlewingsmeganismes in. Sy ly onder andere aan epilepsie en ‘n geestesversteuring.

Sy vertel van haar worstelinge en onsekerhede oor kwessies soos seksualiteit en geloof, veral as jong kind en tiener, maar ook van haar persepsie van die wêreld rondom haar as volwasse vrou. Sy ontvlug na verskillende fantasieë en het voortdurend gesprekke met haar alter ego’s.

Hobbs kry dit reg om tegelykertyd op reguit en sensitiewe manier die samelewing aan te spreek en laat baie stof tot nadenke. Hierdie boek kruip regtig op aangrypende wyse in die hart van die leser en sal beslis broodnodige gesprekke aanwakker.

Marlize Hobbs
Flarde verower in 2006 die Eugène Marais-prys en in dieselfde jaar word die Universiteit van Johannesburg-prys vir debuutwerk en die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse prosa ook aan hierdie boek toegeken. Marlize Hobbs is ook die skrywer van Score my ‘n Gwai en ‘n digbundel, Suitcase vol sterre. Marlize is verder benoem vir ‘n Kyknet/Rapport Filmprys vir Score my ‘n Gwai.