Dagboek sonder grense (Afrikaans, Paperback, 448 pg) – out of print

Dagboek sonder grense is ’n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee.

Samestelling

R350.00

Out of stock

SKU: 9780799384567

Description

Dagboek sonder grense is ’n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee. Die pragtige hardeband publikasie bevat ’n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan ’n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger. Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.