Die avonture van Kuifie – Die stukkende oor (Sagteband, 64 pg, ouderdom 9+) Hergé

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die stukkende oor word ’n fetisj, gemaak deur die Arumbaya-stam, uit die Etnologie-museum in Brussel gesteel om net die volgende dag weer teruggesit te word. Maar Kuifie besef dit is ’n vervalsing, en die spoor na die oorspronklike fetisj neem hom tot in Suid-Amerika.

Hergé

R135.00

Available on back-order

SKU: 9781485312406 Categories: , , ,

Description

OOR DIE OUTEUR
Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak.

OOR DIE VERTALER
Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.

LESERSPROFIEL
Kinders van die ouderdom van 9 jaar en ouer. Volwasse aanhangers van die reeks.