Sale!

Die Kerkseun (Augustus, Sagteband) Wiaan Janse van Rensburg

Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronje, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg. Die Kerkseun is ‘n onthutsend eerlike roman oor eietydse taboes en tieners wat na antwoorde soek in gemeenskappe wat liefde predik, maar nie gee nie. Lees meer hieronder.

Wiaan Janse van Rensburg

R194.00

1 in stock

Description

Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van my af.

Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronje, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg.

By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ‘n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ‘n dialek wat die verf van die mure af laat dop.

Te midde ‘n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ‘n aantreklike ouer studentemeisie oorkant die kerkseun. Sonder om ‘n woord te rep, neem sy ‘n hap van sy beskuit, ‘n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het.

Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug.

Sy ook.