Droomvanger (Sagteband, 384 pg) Chanette Paul

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem … sien hieronder vir meer.

Chanette Paul

R360.00

Available on back-order

Description

Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem … Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti’s is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker … as sy oorleef. “Al die elemente is daar vir ʼn lekker lees, en boonop is daar genoeg misterie en angswekkende gebeure om jou tone te laat krul van vrees.” – Wilna Adriaanse Droomvanger is ‘n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het. ʼn Klompie uiteenlopende karakters word saamgegooi in ʼn afgeleë bestemming, moorde word gepleeg, en enigeen kan die skuldige wees. Lesers van Agatha Christie sal plesier vind in die storielyn wat baie raakpunte het met verhale soos bv. Murder on the Orient Express en Death on the Nile.