Description
Elke projek het drie tot vier koekitems met dieselfde tema, met duidelike aanwysings en stap-vir-stap foto’s wat dit sommer verspot maklik maak. Deeglik getoetste koek- en vulselresepte gee riglyne om die hoeveelhede te vermeerder om aan jou vereistes te voldoen, en daar is patroonplate wat vir die versierings gebruik kan word. Die skrywer deel hope wenke en kortpaaie wat oor jare van eksprimentering opgebou is om die beste bestanddele en tegnieke vir die beste resultaat te verseker. Die pragfoto’s van elke projek toon dat koekversiering inderdaad ‘n kunsvorm geword het, maar die maklike aanwysings plaas die projekte binne die vermoe van elkeen wat dit kan volg. Die projekte is van maklik tot gevorderd gegradeer, dus is daar regtig iets vir almal.