Koms van die biblioteekbus en ander stories (Sagteband, Kortverhale, 114 pg) Keina Swart

Keina Swart is ‘n bekroonde koerantredakteur en kinderboekskrywer, met vyf ander boeke onder haar naam. Met Die koms van die biblioteekbus en ander stories oortref sy haarself as keurige skrywer al bestaan dié boek slegs uit kortverhale – 44 vermaaklike kortverhale. Die enigste kritiek is dat mens graag nóg stories wil lees! Lees meer hieronder.

Keina Swart

R201.00

Available on back-order

Description

Die biblioteekbus ruik soos drome. Soos opstyg. Soos wegvlieg na plekke waar daar Kersfees-sneeu, koalabere en Bengaalse tiere is. Dit ruik na woorde soos keiser en nagtegaal en troebadoer. In Koms van die biblioteekbus, ‘n versameling essays, kortverhale en rubrieke, skryf Keina Swart oor die wêreld wat was en die wêreld wat is. Sy skryf oor wat Anton Goosen se musiek aan armymanne gedoen het, oor Eugène de Kock (die man met die bril) en oor AB de Villiers (sommer net ‘n skaam blondekopkind wat 18 jaar gelede elke Dinsdag met ‘n regop rug in sy kakieklere teen ‘n baksteenmuur vir haar kamera geglimlag het). En oor wat gebeur as ‘n dorp doodgaan. ‘Die dag as ‘n dorp doodgaan, waai al die stories weg.’ Die boek prut met vermaaklike vertellings en ‘n versameling herinneringe wat versigtig, koesterend in borrelpapier toegedraai kan word. Vir 114 bladsye ontvlug mens van realiteit en die lewe met al sy “bolero’s” en word jy weggeswiep danksy ‘n bundel verhale met ‘n suiwer hart, danksy Keina. Wanneer jy die boek toemaak, kan al die stories wegwaai die vergetelheid in, of dié biblioteekbus kan sy parkering in jou geheue neem, waar dit ‘n ereplek verdien.